Listings
Articles
Collections
More
Contact Us
Agents
About Us
Terms
Calculators
Property Valuation
Opening van die Klerksdorp Besigheidsnetwerk 2026
by Frans Roos •
3 MIN • 601 Words
Opening van die Klerksdorp Besigheidsnetwerk 2026
Verwelkoming en Visie:
Goeie dag aan elke sake-eienaar, entrepreneur en vriend van die Klerksdorp Besigheidsnetwerk. Welkom by ons eerste byeenkoms van 2026.
Hierdie netwerk het sy ontstaan in ons eiendomsbesigheid gehad omdat ons die behoefte gesien het vir besigheidsmense om op ’n informele manier met mekaar te skakel. Ons weet dat die leefwêreld van ’n kleinsake-eienaar dikwels eensaam kan wees, met werksspanning wat huistoe gaan en omgekeerd. Ons doel is om hierdie platform uit te bou om kundigheid oor te dra, nuwe geleenthede te vestig en ware vriendskappe te bou.
Terugblik op 2025:
'n Fondasie van Kennis As ons terugkyk na 2025, kan ons met trots sê dit was 'n jaar van enorme groei en praktiese waarde. Ons het geluister na kundiges uit ons eie gemeenskap wat hul kennis onbaatsigtig gedeel het.
Ons het diep gedelf in literatuur wat ons uitkyk op besigheid verander het:
"How to Network as a Pro"
het die basis van hierdie groep geword.
Netwerk-aktiwiteit: Jou
"One Thing
" vir 2026
Voordat ons verder gaan met die program, wil ek hê ons moet die beginsels van ons leeslys prakties toepas. Gebaseer op die wysheid van die boeke wat ons bespreek het, veral "The One Thing":
Draai asseblief kortliks na die persoon wat langs jou sit. Deel met mekaar wat julle spesifieke "One Thing" is — daardie een groot fokus of doelwit — wat julle vir jul besigheid in 2026 wil bereik.
"
The One Thing"
en
"Atomic Habits"
het ons geleer van fokus en dissipline.
"Who Moved My Cheese
" het ons geïnspireer om in 'n vinnig-veranderende omgewing altyd weer die "nuwe kaas" te vind.
Ons het ook geleer dat besigheid nie net oor die toekoms gaan nie, maar ook oor ons geskiedenis. Die storie van
Ouma se Beskuit
en die kykie in gevestigde familiebesighede soos Arnold en Wessel — wat ook hierdie lokaal vir ons moontlik maak — het ons herinner aan die krag van uithouvermoë.
Hoogtepunte en Praktiese Wysheid:
Die afgelope jaar het ons gewys hoe wyd ons impak is:
Ons het geleer hoe om
munisipale dispute
in terme van wetgewing te hanteer.
Danie de Kock het ons gewys dat 'n
testament en opvolgbeplanning
noodsaaklik is vir enige besigheidshouer, 'n onderwerp wat so gewild was dat ons dit vanjaar weer sal aanbied.
Wilhelm het ons die wonderwêreld van AI laat ontdek en ons voorgestel aan
"Betty"
, die platform wat ons help met kontrakte en prosesse.
En wie kan die 10-weke reis saam met JP vergeet? Sy grafiese uitbeelding van die
"Besigheidsiel"
het vurige en interaktiewe gesprekke uitgelok oor hoe 'n besigheid werklik ontwikkel.
Die Hart van ons Netwerk:
"Give to Get"
Die filosofie van hierdie groep is eenvoudig: "Give to Get". Dit gaan nie net oor wat ons kan kry nie, maar wat ons vir mekaar en die gemeenskap kan beteken.
Niemand het hierdie beginsel beter uitgeleef as
Jan Botha
nie, wat onlangs van ons heengegaan het. Jan was 'n voorbeeld vir ons almal — iemand wat onbaatsigtig gehelp het met afsprake by staatshospitale, vervoerprobleme opgelos het en medisyne afgelewer het vir diegene in nood. Sy nalatenskap herinner ons daaraan dat ons hier is om 'n verbeterde gemeenskap te bou.
Die Pad Vorentoe:
2026 Terwyl ons 2026 aanpak, is ons doel om hierdie platform verder uit te bou met kundiges uit ons eie omgewing. Ons is tans besig om die jaarprogram saam te stel, en ons het júlle insette nodig. Watter onderwerpe lê julle na aan die hart? Waaroor wil julle meer leer?
Kom ons maak 2026 'n jaar van konneksie, groei en wedersydse ondersteuning.
Meer Inligting van Fran Roos gekry of voorstelle aan 08337888 of
[email protected]
gestuur word.
Baie dankie.
• S H A R E •