Listings
Articles
Collections
More
Contact Us
Agents
About Us
Terms
Calculators
Property Valuation
Boedelbeplanning en Testamente aanbieding deur Hannes van den Heever
by Frans Roos •
9 MIN • 2016 Words
Ontmoet vir
Hannes
: Jou Vennoot in Omvattende Finansiële Dienste
Laai die volgends hulpmiddel af: 1.
Work Sheet
.
Kontakbesonderhede:
• Telefoon: 083 400 3284 of 082 495 0641
• E-pos:
[email protected]
• Kantore: Maylaan 14, Adamayview, Klerksdorp or Weslaan 268, Centurion
Welvaart In die komplekse wêreld van finansies is daar geen plaasvervanger vir ondervinding nie.
Hannes van den Heever is 'n gerespekteerde figuur in die Suid-Afrikaanse finansiëledienstebedryf, met 'n loopbaan wat oor meer as 16 jaar strek. As die Franchise Prinsipaal en Finansiële Adviseur by Momentum Consult, kombineer hy diepgaande tegniese kundigheid met 'n passie om mense te help om hul finansiële drome te verwesenlik en hul nalatenskap te beveilig.
’n Loopbaan Gebou op Vertroue en Kennis Hannes se reis in die bedryf het 16 jaar gelede begin. Sedert Augustus 2010 is hy gekontrakteer by Momentum Consult (Edms) Bpk, 'n vennootskap wat hom in staat stel om die krag van 'n nasionale instelling te kombineer met die persoonlike aandag van 'n plaaslike praktyk. Sy akademiese fondament is stewig, met beide 'n Certificate in Financial Planning en 'n Certificate in Banking agter sy naam. Hierdie kwalifikasies, tesame met sy dekades lange praktiese ervaring, stel hom in staat om ingewikkelde finansiële kwessies te ontrafel en in verstaanbare, praktiese raad te omskep.
Spesialisdienste vir Individue en Besighede Hannes verstaan dat finansiële beplanning nie 'n "een-grootte-pas-almal"-benadering kan volg nie. Hy bied 'n omvattende reeks dienste wat ontwerp is om elke faset van sy kliënte se finansiële lewens te dek:
• Boedelbeplanning en Testamente:
Hannes help kliënte om die nodige, dog dikwels vermyde, gesprekke oor sterflikheid te voer om te verseker dat bates korrek verdeel word en finansiële verliese tot die minimum beperk word.
• Trusts:
Hy bied advies oor die stigting en bestuur van trusts as 'n instrument vir batebeskerming en belastingdoeltreffendheid.
• Beleggings:
Strategiese beplanning om rykdom oor die lang termyn te laat groei en te beskerm.
• Werknemersvoordele:
Ondersteuning vir besigheidseienaars om hul mees waardevolle bates – hul mense – te versorg deur behoorlike strukture.
• Finansiële Beplanning vir Besighede:
Van opvolgbeplanning tot risikobestuur vir maatskappye en eenmansake.
Integriteit en Professionele Standaarde As 'n verteenwoordiger van 'n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (FSP No. 5503), is Hannes se praktyk gegrond op deursigtigheid. Hy is geakkrediteer in 'n wye spektrum van produk kategorieë, insluitend langtermynversekering, pensioenvoordele, geldmarkinstrumente en kollektiewe beleggingskemas. Sy kliënte kan rus in die wete dat sy advies aan die hoogste wetlike en etiese standaarde voldoen, gerugsteun deur die professionele vrywaringsversekering van Consult.
Jou Pad na Finansiële Vryheid Hannes van den Heever is meer as net 'n adviseur; hy is 'n strategiese vennoot. Of jy nou in Centurion of Klerksdorp gebaseer is, Hannes is toeganklik en gereed om jou te help om die struikelblokke van vandag te oorkom en die geleenthede van môre aan te gryp. Sy benadering is altyd daarop gemik om "leke-taal" te gebruik sodat jy volle beheer oor jou eie finansiële toekoms kan neem.
Kontakbesonderhede:
• Telefoon: 083 400 3284 of 082 495 0641
• E-pos:
[email protected]
• Kantore: Maylaan 14, Adamayview, Klerksdorp or Weslaan 268, Centurion
Voorlegging: Is jou Besigheid "Doodbestand"?
Tema: Boedelbeplanning, Opvolging en Strukture vir die MKB-mark en Boere.
Tyd: 40 – 60 Minute
1. Inleiding
Doelwit:
Skakel by Hannes aan en skep onmiddellike erns.
"Dames en here, baie dankie. Hannes het nou net die 'olifant in die vertrek' uitgewys. Niemand wil oor die dood of ongeskiktheid praat nie. Maar as sakemense spandeer ons 60-minute van elke uur om rykdom te bou, en dikwels nul minute om dit te beskerm.
Vandag praat ek nie met julle as 'n verkoopsman nie, maar as 'n risikobestuurder. Ek gaan vir julle wys hoe 'n leeftyd se harde werk binne 6 maande na jou afsterwe vernietig kan word as die regte papiere nie in plek is nie. Of jy nou 'n eenmansaak, 'n aandeelhouer in 'n maatskappy, of 'n boer is – die reëls verskil, maar die risiko bly dieselfde."
2. Die Gevare van "Geen Beplanning"
Doelwit
: Illustreer die pynpunte met voorbeelde (Case Studies).
Scenario A:
Die Eenmansaak (Sole Proprietor)
• Die Realiteit:
Jy IS die besigheid. Daar is geen onderskeid tussen jou persoonlike beursie en die besigheid se bankrekening nie.
• Die Gevaar:
Wanneer jy sterf, vries die bankrekening onmiddellik.
• Voorbeeld:
"Dink aan Piet, die loodgieter. Hy het 5 mense in diens. Hy sterf in 'n motorongeluk. Sy vrou kan nie die werkers Vrydag betaal nie, want die bankrekening is gevries deur die Meester van die Hooggeregshof. Die werkers loop, die kliënte eis deposito's terug, en die reputasie is binne twee weke daarmee heen. Die 'besigheid' sterf saam met Piet."
Scenario B:
Die Private Maatskappy (Edms. Bpk.)
• Die Realiteit:
Die maatskappy is 'n aparte regspersoon. Die bankrekening vries nie noodwendig nie, MAAR die aandeelhouding vries.
• Die Pynpunt
: Die "Ongewenste Vennoot".
• Voorbeeld:
"Jan en Koos besit 'n ingenieursfirma 50/50. Jan sterf. Jan se vrou, wat niks van ingenieurswese weet nie, erf sy 50% aandele. Skielik sit Koos met 'n vennoot wat dividend-uitbetalings soek vir lewenskostes, terwyl Koos daardie geld nodig het om voorraad te koop. Konflik ontstaan, en die besigheid ly daaronder."
Scenario C:
Die Boer (Landbou)
•
Die Groot Pynpunt:
Wet op Onderverdeling van Landbougrond (Wet 70 van 1970).
• Die Gevaar:
Jy kan nie 'n plaas aan meer as een persoon bemaak sonder ministeriële goedkeuring nie (wat selde gegee word).
"Oom Frik het drie seuns en een plaas. Hy bemaak die plaas in sy testament aan al drie gelyk. Die Aktekantoor weier die oordrag. Die enigste uitweg? Die plaas moet verkoop word, die geld verdeel word, en die familie-erfenis is weg."
Scenario C:
Kleinsake PTY Ltd.
Die realiteit
: Aandeelhoudung slegs jyself direkteure kan meer as een party wees.
Pynpunt:
Omset onder R 20 miljoen per jaar.
Pluspunt:
Belasting voordele onder R 550 000(7%)
3. Belasting en Likiditeit: Die "Stil Moordenaars"
Doelwit:
Verduidelik waarom kontant (likiditeit) koning is.
Hier moet ons tegnies maar eenvoudig wees:
1. Boedelbelasting:
20% op die netto waarde bo R3.5 miljoen (of R7 miljoen as gade-aftrekking gebruik word).
2. Kapitaalwinsbelasting (KWB):
Die dood word gesien as 'n "geagte vervreemding". Die SAID wil belasting hê op die groei van jou bates, selfs al het jy niks verkoop nie. Vanaf 1 Maart 2012 is die eerste R2 miljoen kapitaalwins op die vervreemding van ‘n primêre eiendom uitgesluit van die betaling van kapitaalwinsbelasting.
3. Eksekuteursfooie:
Maksimum 3.5% + BTW op die bruto bates.
Nota:
Op 'n besigheid van R10 miljoen is die fooi alleen R402,500. Het die besigheid daardie kontant beskikbaar sonder om bates te verkoop?
4. Entiteite
: Voertuie vir Eienaarskap
Doelwit:
Vergelyk die opsies en gee beste praktyke.
Entiteit Voordeel Nadeel Beste Praktyk
Eenmansaak:
Maklik en goedkoop om te begin. Geen CIPC fooie. Onbeperkte aanspreeklikheid. Sterf saam met eienaar. Hoë belastingkoers vir hoë inkomste. Slegs vir mikro-besighede of beginners. Moet so gou moontlik omskep word.
Maatskappy (Edms. Bpk.):
Aparte regspersoon. 27% Belastingkoers. Bied kontinuïteit. Administratiewe las (CIPC, Jaarlikse opgawes). Ideaal vir bedryfsmaatskappye. Moet 'n Aandeelhouersooreenkoms hê.
Trust (Inter Vivos) Die beste vir batebeskerming teen krediteure en egskeiding. "Peg" die waarde (groei vind plaas buite jou boedel). Hoër belastingkoers (45%) op inkomste wat in die trust behou word. Artikel 7C lenings (sien onder). Ideaal om groeibates (soos eiendom of aandele) te hou, nie noodwendig vir dag-tot-dag bedryf nie.
Huidige Mark "Pynpunt" – Artikel 7C:
Verduidelik dat rentevrye lenings aan Trusts nou belas word as 'n skenking. Dit is krities dat sakelui hul lening-rekeninge ("loan accounts") met hul rekenmeesters hersien.
Die Goue Struktuur (Opsioneel om te noem):
Die "Opco/Propco" model.
•
Propco (Trust/Maatskappy): Besit die gebou en waardevolle bates.
• Opco (Edms. Bpk.): Huur die bates en neem die risiko.
• As Opco bankrot speel, is die bates in Propco veilig.
5. Testament en Opvolgingsturkture
Doelwit: Hoe om alles bymekaar te bring.
1. Die Testament:
o Dit is nie genoeg om net te sê "Alles vir my vrou" nie.
o Wie het die mag om dokumente te teken?
o Oorweeg 'n Testamentêre Trust vir minderjarige kinders of om bates te beskerm vir 'n gade wat nie finansieel geletterd is nie.
2. Die "Buy and Sell" Ooreenkoms (Die Aandeelhouers se Reddingsboei):
Dit is 'n bindende kontrak tussen vennote: "As ek sterf, MOET jy my aandele koop, en my boedel MOET verkoop."
Befondsing: Dit word gerugsteun deur lewensversekering.
Resultaat: Die oorlewende vennoot kry die besigheid (sonder die weduwee as vennoot), en die weduwee kry onmiddellike kontant teen markwaarde.
Waarskuwing: As die polis nie reg gestruktureer is nie, betaal jy boedelbelasting op die uitbetaling. Die premies moet reg gestuktureer wees.
3. Die Boer se Oplossing:
Plaas die grond in 'n Maatskappy met Trust as aandeelhour voor afsterwe, of gebruik die testament om die grond aan die Maatskappy te bemaak (met aandele aan die kinders).
6. Afsluiting en Volgende Stappe
Doelwit: Skep aksie.
"Om af te sluit: Boedelbeplanning is nie 'n eenmalige gebeurtenis nie, dis 'n proses. Jou besigheid verander, die belastingwette verander (soos ons met Art 7C gesien het), en jou gesin se behoeftes verander.
Moenie dat die Staat of die bank jou vennoot word op die dag van jou dood nie."
My aanbod aan julle:
"Aangesien elke besigheid hier uniek is – van die boer tot die rekenmeester – bied ek graag aan om 'n gratis 'Boedel-Gapingsanalise' te doen vir lede van hierdie netwerk. Ons kyk net na jou huidige testament en jou entiteit-struktuur om te sien of daar enige rooi ligte flikker."
Laai die volgends hulpmiddel af: 1.
work sheet
. 2.
2025 Tax Guide
.
Tydens die 'Boedel-Gapingsanalise' sal in diepte gekyk word na die volgend kritiese vra.
1. Die Likiditeits-Vraag
"Is daar 'n formele likiditeitsberekening gedoen om te bepaal of daar genoeg kontant in my boedel is om Boedelbelasting, Kapitaalwinsbelasting (KWB) en eksekuteursfooie te betaal sonder om besigheidsbates te verkoop?" (Baie eienaars is "asset rich, cash poor" en besef nie dat die SAID eerste betaal moet word voordat die besigheid oorgedra kan word nie.)
2. Die Beheer-Vraag
"Wie het die wetlike volmag om die dag ná my dood my besigheid se bankrekening te beheer, salarisse te betaal en kontrakte te teken terwyl die boedel nog by die Meester aangemeld word?" (Volmagte verval by afsterwe. Sonder 'n behoorlike plan vries alles.)
3. Die Vennootskap-Vraag (Vir Maatskappye)
"Is my en my vennoot se 'Koop-en-Verkoop'-ooreenkoms (Buy and Sell) geteken, op datum, en korrek befonds met lewensversekering?" (As die waardasie in die ooreenkoms verouderd is, kan die uitbetaling te min wees, wat beteken die oorlewende vennoot moet die verskil in kontant inbetaal aan die oorledene se familie.)
4. Die Gade-Vraag
"Wil my gade werklik my besigheidsvennoot wees, en wil my vennote my gade as vennoot hê?" (As daar nie beplan is nie, erf die gade die aandele. Dit skep dikwels konflik tussen 'n weduwee/wewenaar wat inkomste soek en vennote wat kapitaal wil herbelê.)
5. Die Eenmansaak-Vraa
g
"Verstaan ek die risiko dat my persoonlike en besigheidsbates as een boedel hanteer word, en dat my gesin se toegang tot bankrekenings gevries sal word totdat die eksekuteur aangestel is?" (Dit is dikwels die sneller om 'n besigheid na 'n (Pty) Ltd om te skakel.)
6. Die Landbou-Vraag (Vir Boere)
"Voldoen my testament aan die Wet op Onderverdeling van Landbougrond (Wet 70 van 1970), of het ek die plaas aan al my kinders gelyk bemaak – wat wetlik onafdwingbaar is?" (Dit lei daartoe dat die plaas verkoop moet word omdat dit nie onderverdeel kan word nie.)
7. Die "Gelyk vs. Billik" Vraag
"Hoe vergoed ek my kinders wat nie in die besigheid is nie, sonder om die besigheid se kontantvloei te vernietig vir die kind wat wel die besigheid oorneem?" (Om die besigheid aan Kind A te gee en lewensversekering aan Kind B, is dikwels 'n beter opsie as om aandele 50/50 te deel.)
8. Die Borgskap-Vraag
"Watter persoonlike borgskappe (sureties) het ek vir die besigheid geteken, en is daar dekking gesedeer aan die bank om daardie skuld onmiddellik te delg?" (As die skuld nie gedelg word nie, eis die bank dit van jou boedel, wat jou gesin se erfenis kan uitwis.)
9. Die Leningsrekening-Vraag
"Wat gebeur met my krediet-leningsrekening (geld wat die besigheid of Trust aan my skuld) by afsterwe?" (Die eksekuteur is verplig om hierdie skuld op te roep. Kan die besigheid dit bekostig om daardie lening onmiddellik terug te betaal aan die boedel?)
10. Die "Bus"-Vraag (Kontinuïteit)
"As ek vandag onder 'n bus beland, weet my opvolger waar die wagwoorde, digitale sertifikate, sleutels en belangrike kontrakte is?" (Is daar 'n "Master File" of digitale kluis wat toeganklik is vir die eksekuteur?)
BesigheidsEienaar #SakeLeiers #OpvolgBeplanning #SakeStrukture #BesigheidsRisiko #MKBSuidAfrika #Entrepreneurskap #KoopEnVerkoopOoreenkoms #BesigheidsGroei
#HannesVanDenHeever #MomentumConsult #FinansiëleGemoedsrus #BoedelBeplanning #26JaarOndervinding #CenturionBesigheid #KlerksdorpSake
#BoerderySuidAfrika #PlaasBestuur #LandbouBeplanning #PlaasErfenis #BoerSlim #AgriSA #GenerasieBoerdery #PlaasTestament #LandbouKontinuïteit
• S H A R E •