HOE OM N WETTIGE MUNISIPALE DISPUUT TE VERKLAAR


HOE OM ’N WETTIGE MUNISIPALE DISPUUT TE VERKLAAR
Ingevolge Artikel 102(2) van die Munisipale Stelselswet 32 van 2000

Opgestel en aangebied deur Frans Roos 
Property Services
www.propservices.co.za
[email protected]
083 378 8826

English


1. INLEIDING EN DOEL VAN DIE AANBIEDING

Hierdie inligtingsessie is ontwerp om huiseienaars, kerke, besighede en gemeenskapsorganisasies toe te rus met praktiese, regsgefundeerde kennis oor hoe om ’n geldige munisipale dispuut te verklaar en hulself te beskerm teen onregmatige kredietbeheer en afdwinging.
Dit gaan nie daaroor om met die munisipaliteit te baklei nie. Dit gaan daaroor om die wet korrek te gebruik. Baie mense dink hulle het geen keuse as ’n rekening onregverdig lyk nie – vandag wys ons dat dit nie waar is nie.”

Doelwitte:
  • Om te verduidelik wanneer ’n dispuut regsgevolge het
  • Om die verskil te verduidelik tussen ’n navraag, klagte en dispuut
  • Om munisipale wanpraktyke te identifiseer
  • Om die wetlike beskerming beskikbaar aan verbruikers toe te pas
“Baie mense betaal vandag munisipale rekeninge uit vrees – vrees vir afsluiting, boetes of dreigbriewe. Die doel van hierdie sessie is om vir u te wys dat die wet u beskerm, maar slegs as u weet hoe om dit korrek toe te pas. Vandag fokus ons spesifiek op hoe ’n wettige dispuut werk en wat dit regtig beteken.”

2. TIPIESE PROBLEME MET MUNISIPALE REKENINGE
  • Algemene probleme wat lei tot dispute:
  • Skielike rekening-spykings
  • Geskatte rekeninge oor verskeie maande
  • Foutiewe of verkeerd geleesde meters
  • Lekkasies wat reeds herstel is
  • Verkeerde tariefklassifikasie
  • Onverklaarbare boetes en rente
  • Gekonsolideerde rekeninge
  • Historiese of moontlik verjare skuld
"Hierdie is nie uitsonderings nie – dit is patrone wat ons oor en oor sien. As u al ooit gewonder het hoe ’n rekening skielik verdubbel sonder verduideliking, dan is hierdie sessie vir u. Die wet erken dat foute gebeur.”

Belangrik: ’n Verbruiker hoef nie verkeerd bewys te wees om ’n dispuut te hê nie – slegs redelike twyfel is voldoende.

3. DIE WETLIKE RAAMWERK
3.1 Munisipale Stelselswet 32 van 2000
Artikel 102(2) soos gewysig
Subartikel (1) is nie van toepassing waar ’n dispuut bestaan oor enige spesifieke bedrag wat deur die munisipaliteit geëis word nie.

Regsgevolg:
  • Kredietbeheer en afdwinging word outomaties opgeskort
  • Geen afsluiting of beperking van dienste mag plaasvind nie
  • Die beskerming geld vanaf die oomblik dat die dispuut bestaan

Artikel 95(f)
Munisipaliteite moet toeganklike meganismes voorsien vir die indiening van navrae en dispute.

“Let mooi op: die wet sê nie ‘nadat die munisipaliteit instem’ nie. Dit sê sodra ’n dispuut bestaan. Dit beteken die beskerming begin by u optrede – nie by hul goedkeuring nie.”

4. WAT IS ’N WETTIGE DISPUUT?
’n Wettige dispuut is:
  • Gerig teen ’n spesifieke bedrag
  • Gebaseer op feite of dokumentasie
  • Aan dieselfde munisipaliteit gerig
  • Skriftelik bevestig (vir bewysdoeleindes)
Nie ’n emosionele klagte nie ❌ Nie net ’n mondelinge argument nie

“’n Dispuut is nie ’n bakleiery nie. Dit is ’n formele regsaksie. Hoe kalmer en duideliker u dit doen, hoe sterker is u posisie.”

5. ALGEMENE FOUTE WAT VERBRUIKERS MAAK
  • Hulle betaal alles sonder om ’n dispuut te verklaar
  • Hulle wag vir munisipale vorms
  • Hulle aanvaar ’n navraag is nie voldoende nie
  • Hulle hou op om alle bedrae te betaal, insluitend onbetwiste bedrae
  • Hulle ignoreer sperdatums en bewys van indiening
  • Vergader met amptenaar sonder om kontakbesonderhde te neem
  • Volg die gesprek nie skriftelik op nie
Stuur kommunikasie net aan die amptenaar. Alle kommunikasie moet deur die Kantoor van Die munisipale Bestuurder gaan.

"Hierdie foute kan die wetlike beskerming ondermyn."

6. STAP-VIR-STAP: HOE OM ’N DISPUUT TE VERKLAAR
Stap 1: Identifiseer die betwiste bedrae
• Spesifiseer presies wat betwis word

Stap 2: Stel ’n skriftelike dispuut op
Sluit in:
  • Rekeningnommer en adres
  • Bedrae onder dispuut
  • Redes vir dispuut
  • Verwysing na Artikel 102(2)
Stap 3: Dien behoorlik in - e-mail en aflewer by Munisipale Bestuurder

Stap 4: Hou bewyse
  • E-pos met leesbevestiging
  • Handaflewering met ontvangsbewys, of
  • Bewys van indiening
  • Foto’s, verslae, rekeninggeskiedenis
“U belangrikste wapen is bewyse. As u nie kan bewys dat u die dispuut ingedien het nie, bestaan dit vir die munisipaliteit nie.”

7. WAT MAG DIE MUNISIPALITEIT NIE DOEN NIE
Sodra ’n dispuut bestaan:
  • Geen afsluiting of beperking van dienste
  • Geen dreigkennisgewings
  • Geen afdwinging van betwiste bedrae
  • Geen “gemiddelde betaling” gebaseer op betwiste tydperke
Sulke optrede is onregmatig en hersienbaar ingevolge PAJA.

8. PAJA: PROMOSIE VAN ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID
Sleutelbeginsels:
  • Reg op billike administratiewe optrede (Artikel 3)
  • Reg op skriftelike redes (Artikel 5)
  • Besluite moet redelik en wettig wees
9. BELANGRIKE SAKE UIT DIE HOWE
Joseph v City of Johannesburg (2010)
Munisipaliteite mag nie dienste beïnvloed sonder prosedurele billikheid nie.
City Council of Pretoria v Walker (1998)
Munisipale rekeningkunde moet administratief regverdig wees.
Rademan v Moqhaka Local Municipality (2013)
Afsluiting is slegs wettig waar geen dispuut bestaan oor die spesifieke bedrag nie.

“Hierdie is nie menings nie – dit is uitsprake van die hoogste howe in Suid-Afrika. Munisipaliteite is daaraan gebonde, selfs al tree hulle op asof dit nie so is nie.”

10. PRAKTIESE VOORBEELDE
  • Elektrisiteitsrekening met foutiewe meter
  • Waterrekening ná lekkasie herstel
  • Kerk of NGO met geskatte rekeninge
11. WANNEER OM REGSHULP TE OORWEEG
  • Dreigkennisgewings ondanks dispuut
  • Geen skriftelike besluit
  • Onregmatige afsluiting
  • Dispuut word nooit afgehandel nie
Moenie onregmatige skuld betaal net om jou dienste te behou nie. Die wet beskerm jou – as jy dit korrek gebruik.

12 VRAE EN BESPREKING
HOE OM ’N WETTIGE MUNISIPALE DISPUUT TE VERKLAAR

“Hierdie sessie gaan nie daaroor om met die munisipaliteit te baklei nie. Dit gaan daaroor om die wet korrek te gebruik. Baie mense dink hulle het geen keuse as ’n rekening onregverdig lyk nie – vandag wys ons dat dit nie waar is nie.”

Praktiese vrae & antwoorde
V: Is hierdie sessie net vir prokureurs of regskenners? A: Nee. Dit is spesifiek vir gewone verbruikers – huiseienaars, kerke en besighede.

12.1 TIPIESE PROBLEME MET MUNISIPALE REKENINGE

“Wanneer ons met gemeenskappe werk, sien ons dieselfde probleme oor en oor. Hierdie is nie uitsonderings nie – dit is sistemiese foute. Die wet erken dit, en daarom bestaan die dispuutmeganisme.”

Praktiese vrae & antwoorde
V: Wat as my rekening al jare verkeerd is? A: Historiese of moontlik verjare skuld kan steeds betwis word – veral as daar nooit ’n behoorlike verduideliking was nie.

12.2 DIE WETLIKE RAAMWERK

“Artikel 102(2) is een van die belangrikste, maar mees misverstaan artikels in munisipale reg. Die beskerming begin wanneer die dispuut bestaan – nie wanneer die munisipaliteit besluit om dit te erken nie.”

Praktiese vrae & antwoorde
V: Moet die munisipaliteit my dispuut aanvaar voordat dit geldig is? A: Nee. Die wet vereis nie goedkeuring nie – slegs dat die dispuut bestaan.

12.3 WAT IS ’N WETTIGE DISPUUT?

“’n Wettige dispuut is kalm, duidelik en spesifiek. Hoe meer emosioneel dit word, hoe swakker word die regsposisie.”

Praktiese vrae & antwoorde
V: Is ’n WhatsApp of mondelinge klagte genoeg? A: Nee. Dit moet ten minste skriftelik bevestig kan word vir bewysdoeleindes.

12.4. ALGEMENE FOUTE WAT VERBRUIKERS MAAK

“Die grootste fout is om te dink stilte of betaling beteken veiligheid. In werklikheid beteken dit jy gee jou beskerming prys.”

Praktiese vrae & antwoorde
V: Mag ek ophou om alles te betaal? A: Nee. Slegs die betwiste bedrae word beskerm. Onbetwiste bedrae moet steeds betaal word.

12.5. STAP-VIR-STAP: HOE OM ’N DISPUUT TE VERKLAAR

“Dink aan hierdie proses soos ’n ketting – as een skakel breek, breek jou beskerming. Indiening en bewys is krities.”

Praktiese vrae & antwoorde
V: Wat as die munisipaliteit sê hulle het dit nie ontvang nie? A: Daarom is bewys van indiening absoluut noodsaaklik.

12.6 WAT MAG DIE MUNISIPALITEIT NIE DOEN NIE

“Wanneer ’n munisipaliteit tog dreig of afdwing tydens ’n dispuut, pleeg hulle ’n regsfout – nie jy nie.”

Praktiese vrae & antwoorde
V: Wat doen ek as ek tog ’n dreigbrief kry? A: Reageer skriftelik en verwys weer na Artikel 102(2) en jou bestaande dispuut.

12.7 PAJA – ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID

“PAJA is jou grondwetlike veiligheidsnet. Dit vereis billikheid, redes en redelikheid.”

Praktiese vrae & antwoorde
V: Wat as daar nooit ’n besluit geneem word nie? A: Dan bly die dispuut oop en afdwinging bly onwettig.

12.8 BELANGRIKE SAKE UIT DIE HOWE

“Hierdie hofuitsprake bind alle munisipaliteite – of hulle daarvan hou of nie.”

Praktiese vrae & antwoorde
V: Kan ’n plaaslike beleid die hofuitsprake ignoreer? A: Nee. Beleide mag nie teen die wet of regspraak bots nie.

12.9 PRAKTIESE VOORBEELDE

“Ons kyk nou na werklike scenario’s wat julle dalk self beleef het.”

Praktiese vrae & antwoorde
V: Wat as meer as een diens betwis word? A: Elke spesifieke bedrag kan deel wees van dieselfde dispuut.

12.1. WANNEER OM REGSHULP TE OORWEEG

“Regshulp is nie die eerste stap nie – maar soms is dit die nodige volgende stap.”

Praktiese vrae & antwoorde
V: Moet ek hof toe gaan? A: Slegs as interne remedies misluk of jou regte ernstig geskend word.

13. INDIEN ’N MUNISIPALITEIT DIENSTE AFSLUIT SONDER BEHOORLIKE PROSES, KAN EN BEHOORT ’N MANDAMENT VAN SPOLIE GEBRING TE WORD, SELFS AL BESTAAN DAAR ’N REKENINGDISPUUT.

13.1. WAT IS ’N MANDAMENT VAN SPOLIE?
’n Mandament van spolie is ’n dringende remedie wat daarop gemik is om:
Onregmatige selfhelp te keer en
Onmiddellike herstel van besit of gebruik te beveel,
sonder om die meriete van die dispuut te ondersoek.

Die hof vra net twee vrae:
  1. Het jy vreedsame en ongestoorde gebruik/besit gehad?
  2. Is jy onregmatig van daardie gebruik ontneem?
Indien JA op albei, moet herstel volg.

13.2 IS MUNISIPALE DIENSTE “BESIT” VIR SPOLIE?
Ja — die howe het bevestig dat de facto gebruik van dienste (soos water en elektrisiteit) spoliebeskermd is.

Sleutel-saak:
Rademan v Moqhaka Local Municipality 2013 (4) SA 225 (CC)
3. WANNEER IS ’N MANDAMENT GESKIK?
  • Afsluiting sonder behoorlike proses = spolie
  • Kredietbeheer moet wettig en prosedureel billik wees
  • Munisipaliteite mag nie selfhelp toepas nie
  • ’n Mandament van spolie is geskik indien:
  • Dienste fisies afgesluit is
  • Jy voorheen toegang gehad het
Die afsluiting was:
  • Sonder hofbevel
  • Sonder geldige prosedure
  • Ten spyte van ’n hangende dispuut (Art. 102(2))
Die hof kyk nie na:
  • Of die skuld reg of verkeerd is nie
  • Of jy uiteindelik moet betaal nie
13.4 WANNEER IS DIT NIE GESKIK NIE?
❌ Nie geskik indien:
  • Dienste nooit bestaan het nie
  • Afsluiting ingevolge ’n hofbevel plaasgevind het
  • Dit ’n nuwe aansluiting is (nie bestaande gebruik nie)
13.5 VOORDELE VAN ’N MANDAMENT VAN SPOLIE
Baie kragtig
  • Dringend
  • Spoedige verligting
  • Munisipaliteit moet onmiddellik herstel
Munisipaliteite verloor dikwels:
  • Weens onwettige selfhelp
  • Gebrekkige prosedure
  • Verontagsaming van dispuutprosesse
13.6 VERHOUDING MET ARTIKEL 102(2)
Belangrik:
Artikel 102(2) versterk jou saak
Dit wys:
  • Dat kredietbeheer geskors moes gewees het
  • Dat die munisipaliteit ultra vires opgetree het
  • Dit maak spolie baie sterker, maar is nie ’n vereiste vir spolie nie.
13.7 PRAKTIESE STRATEGIE (AANBEVEEL)
  • Stap 1: Eis onmiddellike heraansluiting (skriftelik)
  • Stap 2: Indien geweier → Dringende mandament van spolie
  • Stap 3: Parallel:
  • Hou die dispuut lewendig
  • Eis regstelling van die rekening
13.8 BELANGRIKE WAARSKUWING
❗ Moenie self heraansluit nie
  • Dit is strafbaar
  • Dit ondermyn jou hofsaak
  • Die hof is jou herstelmeganisme, nie selfhelp nie.
14. BYKOMENDE AFDELING: REGSMIDDELS BY ONREGMATIGE DIENSBEËINDIGING
Doel van hierdie afdeling
Hierdie afdeling is’n vinnig verduideliking van watter regsremedie wanneer gebruik moet word indien ’n munisipaliteit dienste beëindig of opskort ten spyte van ’n geldige dispuut. 

Kernboodskap
“Nie alle regsmiddels doen dieselfde werk nie. Die keuse van remedie bepaal hoe vinnig dienste herstel word, watter bewys nodig is, en of die hof na die meriete kyk.”

14.1VERGELYKING: SPOLIE vs INTERDIK vs PAJA-HERSIENING
Aspek Mandament van Spolie | Dringende Interdik | PAJA-hersiening

WANNEER WATTER REMEDIE?
• Dienste is reeds afgesluit → Mandament van spolie
• Afsluiting word gedreig of herhaal → Dringende interdik
• Rekening/beleid/besluit is onwettig → PAJA-hersiening
In die praktyk word spolie dikwels gebruik vir onmiddellike herstel, met PAJA of ’n interdik wat parallel volg.

PRAKTIESE VRAE & ANTWOORDE
V: Kan ek spolie bring al is daar skuld? A: Ja. Spolie ignoreer die meriete. Dit gaan oor onregmatige ontneem van gebruik.
V: Moet ek eers PAJA volg? A: Nee. Spolie en interdik is onafhanklike, dringende remedies.
V: Kan ek meer as een remedie gebruik? A: Ja. Howe aanvaar parallelle remedies mits dit nie misbruik is nie.

15. SLEUTELBOODSKAP

Waar ’n munisipaliteit dienste afsluit sonder behoorlike proses, kan en behoort ’n mandament van spolie gebring te word, selfs al bestaan daar ’n rekeningdispuut.

“Die reg vra nie dat jy ly terwyl jy wag vir administratiewe geregtigheid nie. Herstel eers die dienste. Veg dan die rekening.”

“Onthou: die wet beskerm nie die stil mens nie – dit beskerm die ingeligte mens.”

16. VIR BYSTAND 



Frans Roos
Property Services.co.za
[email protected]
083 378 8826









DisputeHow to declare a legal dispute?matlosana local municipalityMunicipal accountproperty ratesHoe om 'n dispuut te verklaarafsit van kragMoeine geboelie word nieDispuutBeskerm jou regte. SteleselswetKlerksdorpOrkneyStilfonteinharbeesfonteinmatlosana plaaslike munisipaliteitmunisipale rekening
• S H A R E •