Op soek na ’n moderne en netjiese 2-slaapkamer woonstel in Songloed? Hierdie pragtige woonstel is beskikbaar vanaf 1 April 2026 en bied gerieflike en praktiese leefruimte.
Die woonstel beskik oor twee slaapkamers met ingeboude kaste, ’n volledige badkamer, asook ’n aparte waskamer met wasmasjienkoppeling. Die oopplan sit- en eetkamer skep ’n ruim gevoel en vloei na ’n kombuis met opwasgeriewe.
Verder is die eenheid troeteldiervriendelik en bied dubbele afdakparkering vir veilige parkering.
Munisipale dienste maandeliks betaalbaar deur die huurder. Prepaid elektrisiteit.
Moenie hierdie geleentheid misloop nie – kontak vandag nog om ’n besigtiging te reël en maak hierdie woonstel jou nuwe tuiste.