R 1,800,000

House For Sale in Flamwood, Klerksdorp, North West


0
Bedrooms
3
Bathrooms
2
Garages

Spasie vir die gesin/ afgetredenes wat ˜n lock-up en go lewensstyl wil hê, maar nie in ˜n hokkie wil bly nie!

Hierdie KLINKER MEENTHUIS is oorspronklik ruimer gebou as die standard 3slaapkamer met ˜n ekstra slaapkamer en suite badkamer langs die motorhuis sodat dit meerdoelig gebruik kan word. Maklik om dit as ˜n studio/werkskamer of tienerkind se slaapkwartiere te gebruik. Dit is ook moontlik om ˜n gekwalifiseerde versorger daarin te laat bly indien die eienaar van die meenthuis later hulp mag nodig hê.
Die afstandbeheerde dubbel motorhuis het sementvloere en ˜n plafon en het ook ˜n oprol deur na die agtererf sodat bykomende voertuie veilig en buite sig geparkeer kan word. Dit verleen ook direkte toegang tot die meenthuis.
Groot ruim sitkamer met ˜n wintersonnetjie venster wat dit ˜n ideale kuierplek maak. Woonkamer-kombuis is oopplan met ˜n aparte opwas en waskamer. Ontbytnook, Ooghoogte oond en marmerblad maak dit ˜n moderne opset. Lekker Noordestoep “ ideaal vir ˜n hekelwerkie of om saam ˜n koffietjie te drink.
Die grondjie is groot genoeg om in die agtererf ˜n lekker groente-kruie tuintjie te kan aanlê vir die wat ˜n passie daarvoor het. Die eiendom is alkante omhein.
Vir die mense buite die KOSH area “ Klerksdorp is op die N12 roete met baie goeie skole en mediese fasiliteite beskikbaar “ ˜N IDEALE AFTREE GELEENTHEID IN HIERDIE KOMPLEKS.
IDEALE LIGGING in FLAMWOOD KLERKSDORP NOORDWES “ naby winkel sentra, hospitale, banke en restaurante.Die totale kompleks bestaan uit losstaande meenthuise en bejaardesorg suites asook verswaktesorg eenhede.
Hierdie kompleks het ˜n Ontspanningssaal met braai asook ˜n swembad vir die inwoners van die kompleks.
Kompleks word 24/7 gemoniteer met ˜n hekwag envoetpatrollie in die aande.
Goeie beleggings eiendom en kan maklik verhuur word.

Property overview

Rates
R 3,500
Levy
R 1,333
Property Ref
P1501265

What this place offers


Profile Picture
Frans Roos
• S H A R E •
Enquire

Not finding what you're looking for?

Use the buttons below to start a new search or contact us with your specific requirements.


Start New Search Complete Wish-List